
=====================================================================
Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Dit gaan goed met die WAT

Die WAT redaksie met dr. Dirk van Schalkwyk agter in die middel.

  Christo Botha gee goeie nuus oor die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. DIE deurslaggewende faktor in die verhaal van die transformasie 
van die WAT was sy vermo om uit sy jare lange isolasie weg te breek. Die WAT was en is afhanklik van die staat en het vroer jare verkies 
om maar stilweg in sy dop te kruip.

Vanjaar op 14 Mei het die Buro van die WAT sy vakkundige medewerkers, oudredaksielede en 'n paar vriende, 'n vyftig stuks, gesellig onthaal 
in die Buro se nuwe tuiste wat deur die Universiteit van Stellenbosch by Banghoekweg 115 ingerig is. Dr. Dirk van Schalkwyk, hoofredakteur, 
het almal verwelkom en bedank vir hulle ondersteuning en daarna het hy die verloop van die transformasie wat gedurende die afgelope dekade 
plaasgevind het, geskets. Die belangrikste van sy mededelings het eerstens gegaan oor interne herstrukturering van die WAT en tweedens hoe 
die Woordeboek na buite uitgereik het tot selfs ver buite die grense van Suid-Afrika.

Die werkwyse van leksikograwe is totaal verander en meer vaartbelyn gemaak. Handgeskrewe insette het byvoorbeeld verdwyn, want van die 
jongste rekenaartegnologie word nou gebruik. Die WAT word volledig op die rekenaar geskep, uitgel en kameragereed gemaak vir die drukker. 
Daarbenewens is die projek herbeplan en -- wat baie belangrik is -- teikendatums, mikpunte is gestel. Derhalwe word beplan dat die volgende 
band, wat die letters N en O bevat, in Mei van aanstaande jaar sal verskyn. Die uwe onthou nog baie goed hoe die redaksie 'n jare lange 
stryd gevoer het om die monsteragtige letter K se vier dik bande te voltooi. Gelukkig is daar nou by die WAT totaal ander werkswyses en 'n 
dringendheid wat die produksie met meer as twee keer laat versnel het. Wanneer die redaksie die formidabele letter S bereik, sal hulle die 
taak met meer moed aandurf.

Die Woordeboek het losgebreek uit sy isolasie en uitgereik om sy voortbestaan te beveilig. Volgens die Wysigingswetsontwerp op die Pan-Suid-
Afrikaanse Taalraad sal elkeen van die elf amptelike tale leksikografiese eenhede soos die Buro van die WAT kry. Vanselfsprekend sal die 
WAT 'n belangrike rol speel in hul beplanning en vestiging.

Lexikos, 'n tydskrif van die Buro vir die leksikografiese spesialis, verskyn van 1991 af jaarliks en word tans in 23 lande versprei. 
Bydraes word jaarliks uit 12 tot 15 lande ontvang.

Betrekkinge met ander soortgelyke woordeboeke soos die Woordenboek der Nederlandsche Taal en die Oxford English Dictionary word gehandhaaf 
en daar bestaan reeds vrugbare samewerking met veral eersgenoemde. Die Buro werk tans aan 'n etimologiese woordeboek in samewerking met 
buite-outeurs en die Instituut voor Nederlandsche Lexicologie. Die fondse vir hierdie projek is uit Nederland verkry.

Opleidingskursusse in die algemene leksikografie, rekenaarleksikografie en die beplanning en bestuur van 'n leksikografiese projek word 
aangebied. Kursusgangers tot uit Angola, Gaboen, die Kongo, Tanzani en Zambi woon die kursusse by en lede van die redaksie van die WAT 
lewer referate in Suid-Afrika en in die buiteland. So reik die WAT op verskeie maniere uit en lewer hy diens.

Toe mev. Brigitte Mabandla, Adjunkminister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, die Wysigingswetsontwerp op die Pan-Suid-Afrikaanse 
Taalraad voorgedra het, is daar onder meer ges: "When one visits this project at the University of Stellenbosch one recognises that it is 
one of the premier institutions of its kind on the whole of the African continent." En verder: "It is very, very important to us to 
preserve and encourage the Woordeboek project and allow it to grow, because it has certain expertise that is of use to all other dictionary 
units in this country."

Dit was gerusstellend om te verneem dat dit goed gaan met die WAT Mnr. Christo Botha is 'n medewerker van die WAT.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6417.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

